Februarie-rewolusie

Die Februarie-rewolusie (Russies: Февральская революция / Fevral'skaja revoljuzija) in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917. Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II, die val van Keiserlike Rusland en die einde van die Romanof-dinastie. ’n Voorlopige regering onder prins Georgi Lwof het die tsaar vervang. Lwof is later weer deur Aleksander Kerenski vervang. Die Tussentydse Regering was ’n alliansie tussen liberale en sosialiste wat politieke hervormings wou teweegbring en ’n demokraties verkose regering wou daarstel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search